Ekonoom het geen verwagtinge van staatsrede nie, Geingob se hande is afgekap

Daar is groot verwagtinge van President Hage Geingob se staatsrede môremiddag. Kenners meen werkloosheid sal onder die loep kom veral met die onlangse chaos waar 2 400 mense opgedaag het vir ‘n handvol poste in Khomasdal. Dr. Omu Kakujaha-Matundu, die bekende Unam-ekonoom, sê hy verwag nie veel nie omdat daar nie veel is wat Geingob kan doen nie. Hy voeg by dat Geingob wel sal spog met sy nalatenskap, groen-waterstof.