Johannesburgse hospitaal onveilig en vuil verklaar

Die Rahima Moosa Moeder-en-kind-hospitaal in Johannesburg is onveilig en vuil verklaar. Die Kantoor van Voldoening van Gesondheidstandaarde het ook vasgestel dat swanger vroue noodgedwonge op die vloer moes slaap. Die ondersoek is uitgevoer na ʼn klagte verlede jaar deur ʼn lid van die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Gesondheid na bewerings oor die omstandighede ten opsigte van die versorging van swanger vroue. Die Gesondheids-ombud, Malegapuru Makgoba, sê die ondersoek het ook bevestigde onreëlmatighede ten opsigte van die uitvoerende hoof, Nozuko Precious Mkabayi, gevind.