Volgende Napso-byeenkoms op Walvisbaai

Die Nasionale Privaatskole-organisasie se Napso Coke/Standard Bank nasionale atletiekbyeenkoms het die naweek op die Keetmanshoop-stadion plaasgevind met sowat 1 000 atlete van 16 skole wat deelgeneem het.  Sakaria Kandjila van Edugate Akademie op Otjiwarongo is as senior victor ludorum aangewys en Jorinda Fourie van Pro-Ed Akademie op Swakopmund as senior victrix ludorum. Gianco Kok van Pro-Ed Akademie is die junior victor ludorum en Asheley Martins van Walvisbaai Privaatskool die junior victrix ludorum. Walvisbaai Privaatskool sal die volgende Napso-atletiek-byeenkoms aanbied.