De Ruyter het nog nie korrupsie-klag by Valke gelê nie

Die hoof van die Valke in Suid-Afrika, Godfrey Lebeya, sê die voormalige hoofbestuurder van Eskom André de Ruyter het nog nie ‘n formele klag by hulle ingedien oor korrupsie by Eskom nie. Op ‘n mediavoorlegging oor die derde kwartaal-statistiek van die prioriteitsmisdaadafdeling, het Lebeya gesê ondersoekers het net met De Ruyter vergader oor sy poging-tot-moord-saak nadat hy beweer het hy is in Desember in sy kantoor koffie met gif ingegee. Lebeya sê hulle sal net die korrupsiebewerings ondersoek sodra De Ruyter na vore gekom het.