Arbeidsministerie sal terugvoer aan NLU gee  

Danie van Vuuren van die Namibiese Landbou-unie se Werkgewers-vereniging sê die vergadering met die waarnemende uitvoerende direkteur in arbeidsministerie, advokaat Otniël Podewiltz, was suksesvol. Die voorgeskrewe prosedures van die Wet op Arbeidsdienste  se plafon wat vir kwalifiserende werkgewers verlaag is na 10 en meer werkers, is bespreek. Kommer is aan die ministerie uitgespreek oor die negatiewe gevolge wat hierdie vereistes op kommersiële boere en houtskool-produsente gaan hê en om vra vir kwytskelding daarvan. Van Vuuren sê aan Kosmos 94.1 Nuus die ministerie sal teen 10 Maart te reageer.