Man probeer seekoei-tande verkwansel

Wildmisdaad is reuse-uitdaging in Namibië. ‘n Namibiese man verskyn vandag in die Katima Mulilo-landdroshof oor die onwettige besit van seekoeitande. Die 20-jarige man is in hegtenis geneem op die Choto-Mafuta-pad in die Lyawanda-gebied in die Zambezi-streek. Hy was glo van plan om die vier seekoei-tande ter waarde van 100 000 Namibiese dollar aan ‘n koper te verkoop. Vinnige polisie-optrede het die handelstransaksie onderskep en beslag is op die tande gelê. In ‘n ander wildmisdaadsaak verskyn drie vermeende wilddiewe vandag in die Otjinene-landdroshof vir pleit-doeleindes. Hulle het glo op die plaas Amatola in die Omaheke-streek ‘n beskermde hartebees onwettig gejag. Die verdagtes staan bekend daarvoor dat hulle gewoonlik strik-drade gebruik om wild te vang.