Ysterman Afrika-kampioenskap ontwrig weens gure weer

Die Ysterman Afrika-kampioenskap wat in Gqeberha in die Oos-Kaap plaasvind word deur reënweer ontwrig. Die wedloop vir alle groepe is weens veiligheidsoorwegings vertraag weens swaar weer en sterk wind. Die swem-afdeling is ook verkort. Die organiseerders sê die vooruitsigte vir die eerste helfte van die oggend is nie goed nie weens lae wolke, weerlig en wind.