Sokker: Engelse FA-beker in volle swang

Sokker: Sestien klubs speel vandag en môre in die vyfde ronde van die Engelse FA-bekerreeks. In vandag se vier wedstryde kom Stoke City teen Brighton te staan, Leicester City teen Blackburn, Fulham teen Leeds en Manchester City teen Bristol City. Bristol is ʼn tweedevlak-kampioenskapspan wat na 12 wedstryde onoorwonne is. Manchester City se Spaanse afrigter, Pep Guardiola, sê in die FA-beker is elke wedstryd soos ʼn eindstryd: