AfriForum stel plaasmoordverslag bekend

Die burgerregte-organisasie AfriForum het sy jaarlikse plaasmoordverslag vir 2022 gepubliseer. Die woordvoerder, Jacques Broodryk, sê die verslag vergelyk die aantal plaasmoorde met die aantal verdagtes wat aangekeer is. Volgens Broodryk is slegs 33 persent van moordverdagtes in hegtenis geneem. Hy sê boere moet veiligheidstrukture vestig en aktief betrokke raak by die veiligheid van hul gemeenskappe. Broodryk sê AfriForum het landwyd 160 buurtwagstrukture en bied veiligheidsopleiding aan boere.