SA werkloosheidsyfer daal met 0,2%

Statistieke Suid-Afrika het aangekondig die werkloosheidskoers het in die vierde kwartaal van 2022 op 32,7 persent gestaan. Statistikus-generaal Risenga Maluleke sê dit is ‘n daling van 0,2 van ‘n persentasiepunt teenoor die vorige kwartaal. Hy sê meer as 169 000 werksgeleenthede is tussen Oktober en Desember geskep. Die aantal werklose mense het tot 7,753 miljoen gestyg teenoor die 7,725 van die vorige drie maande. Maluleke sê die herstel in werkskepping toon ‘n verbetering.