MTC se dienste herstel
MTC sê dat al sy dienste ten volle herstel is, ná ontwrigting landwyd wat spruit uit probleme met die Wes-Afrikaanse ondersese kabel. MTC sê ‘n kragonderbreking in Swakopmund het een van sy vesel-kabels beskadig, wat die Wes-Afrikaanse ondersese kabel beïnvloed en stem- en datadienste dwarsdeur die Erongo-streek ontwrig het. Dit het ook data landwyd geraak, met kliënte wat stadige data-spoed ervaar het as gevolg van alternatiewe roetes wat oorlaai is. MTC sê die foute by die kus is ten volle herstel, en hulle werk onverpoosd daaraan om die kapasiteit weens die oorlading te vergroot.