Okahandja het beurtwater tot Vrydag

Okahandja het beurtwater tot en met 24 Februarie. Volgens ‘n omsendskrywe deur NamWater, is daar uitdagings met die verskaffingstelsel sedert 18 Februarie, en hoër, en verder afgeleë gebiede van die dorp word beïnvloed. NamWater sê om die stelsel te stabiliseer, moet reservoirs eers vol gepomp word en daarom sal water tien-uur saans tot vyf-uur soggens afgesny word tot en met Vrydag. Inwoners van die dorp sit met hul hande in hul hare as gevolg van die voortdurende wateronderbrekings wat ook deur gebarste pype, as gevolg van verouderde infrastruktuur veroorsaak word. Daar is baie groot uitdagings met vullisverwydering in woonbuurte en die algemene storting van rommel op die dorp.