Julian Sands steeks soek, na 5 weke

Amerikaanse owerhede sê hulle sal alles in hul vermoë doen om antwoorde vir die familie van die vermiste Britse akteur Julian Sands te gee. Dit is nou reeds meer as vyf weke sedert die 65-jarige as vermis aangemeld is in die Mount Baldy-gebied van die San Gabriel-berge in Kalifornië. Hy het nooit teruggekeer van ‘n staptog nie. Sedertdien was daar ‘n aantal soektogte, te voet en vanuit die lug, met staats- en federale agentskappe betrokke. Twintig lede het oor die naweek weer na Sands gesoek, sonder enige sukses. Daar is ysige weer in die gebied met gereelde storms wat soektogte belemmer. Sands was blykbaar ‘n ervare bergklimmer en stapper.