Reddingspogings kom tot ‘n einde in Turkye

Turkye het reddingspogings in alle provinsies buiten twee, Kahramanmaras en Hatay, gestaak ná die dodelike aardbewing twee weke gelede. Meer as 47 000 mense het hulle lewens in die suidooste van Turkye en die noorde van Sirië verloor. Die middelpunt van die aardbewing van 7,8 was in dié twee provinsies. Intussen besoek die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, Turkye. Hy sal na Hatay reis om humanitêre pogings te monitor voordat hy verder reis om president Recep Tayyip Erdogan vandag te ontmoet.