Krieket: Eagles verloor weer teen Nepal
Krieket: Die Richelieu Eagles het tot dusver al sy wedstryde in die driehoekige reeks teen Nepal en Skotland verloor. Die Namibiese span se volgende wedstryd is Maandag teen Skotland in Kirtipur, Nepal. Saterdag het Nepal het die Eagles met drie paaltjies met nog 15 balle oor, gewen. Die Eagles het eerste gekolf en 274 lopies vir die verlies van ses paaltjies aangeteken. Nepal het geantwoord met 278 lopies vir die verlies van sewe paaltjies in 47,3 boulbeurte. Aasif Sheikh van Nepal is as die speler die wedstryd aangewys.