SAPD se DNS-agterstand drasties verminder

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê besprekings is aan die gang in die sekerheids-groepering om die gapings en skuiwergate in die strafregstelsel uit die weg te ruim. Dit sluit in die borgtog-regime en die rol van parool-gangers en oud-oortreders ten opsigte van burgers se algehele veiligheid. Volgens die minister het die Suid-Afrikaanse Polisiediens sy geskiedkundige DNS-agterstand van 241 000 opgeklaar tot 1 600. Cele sê die misdaadstatistiek in die derde kwartaal toon ‘n vermindering van 99,3 persent in die land se DNS-agterstand.