Krieketknoeiery by T20 Wêreldbeker vir Vroue ondersoek
Krieket: Die teen-korrupsie-eenheid van die Internasionale Krieketraad ondersoek bewerings van gepoogde wedstryd-knoeiery tydens die T20 Wêreldbeker vir Vroue in Suid-Afrika. Die beweerde voorval is deur ʼn speler van Bangladesj aangemeld nadat sy namens ʼn dobbel-sindikaat deur ʼn spanmaat genader is om gedeeltes van die wedstryd te manipuleer. ʼn Televisiekanaal in Dhaka, Bangladesj, het die oudio-gesprek uitgesaai waarin die aanbod van die hand gewys is.