Sokkerspanne het steeds kans op premierliga May 21, 2025

Verskeie sokkerklubs kan nog die Suidelike Stroom Eerste Divisie-liga wen en tot die Debmarine Namibië Premierliga bevorder word. Punteleerleiers Blue Birds kon slegs een punt uit ‘n moontlike ses oor die naweek optel en verskeie ander spanne is nou terug in die titelwedren. Blue Birds het 33 punte na 15 wedstryde, gevolg deur Friends op 30 punte na 16 wedstryde, en Arrows op 29 punte na 15 wedstryde. Dates Eleven met 25 punte van 15 wedstryde, Try Again met 24 punte na 14 wedstryde en Mariental Sport Club 21 punte van 13 wedstryde het ook nog teoreties ‘n kans om die titel te wen, maar hullle kanse is skraal.