Wes-Kaapse regering benodig R1 miljard teen beurtkrag

Die Wes-Kaapse regering het meer as een miljard Suid-Afrikaanse rand versoek vir ‘n drie-jaar-plan om die uitwerking van beurtkrag in die provinsie te versag. Klein besighede sal ook bygestaan word met alternatiewe energie-keuses. ‘n Noodfonds van 89 miljoen rand is vrygestel om te verseker dat munisipaliteite regoor die provinsie kragopwekkers het om veilige drinkwater en werkende riool-infrastruktuur tydens kragonderbrekings te voorsien. Die premier, Alan Winde, sê die energieraad is geskep om te fokus op die ontwikkeling van beide kort- en langtermyn energie-planne.