Staking is heel laaste uitweg – Alun Wyn Jones

Wallis se afrigter Warren Gatlands sê hy gaan nie spelers ondersteun wat staak nie, maar hy ondersteun hulle kontrak-geskil met die Walliese Rugbyunie. Spelers oorweeg om te staak in aanloop tot hulle Sesnasies-kragmeting teen Engeland volgende Saterdag te midde van onsekerheid oor Walliese rugby se beroepskontrakte wat gevries is. Intussen sê die Walliese speler wat die meeste kere vir die land uitgedraf het, Alun Wyn Jones, ‘n staking is die heel laaste uitweg: