Rentekoerse sal verder styg – ekonoom
Ekonome waarsku oor nog ‘n verhoging in die terugkoopkoers in Suid-Afrika volgende maand ondanks ‘n daling in wesensinflasie tot 6,9 persent in Januarie. Die huidige inflasiekoers bly bo die teiken van 3 tot 6 persent. ‘n Ekonoom van die Efficient-groep, Dawie Roodt, sê daar is nog ruimte vir ‘n kleiner koersverhoging van 25 basispunte. Intussen het Namibië se terugkoopkoers met net 25 basispunte opgegaan en staan tans op 7 persent, reeds 25 basispunte agter die buurland. Ekonome meen dat die sentrale bank plaaslik kleiner spronge vir langer sal maak. Die ekonoom van High Economic Intelligence, Salomo Hei het dit so die week aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.