Lukashenko waarsku hy sal oorlog in Oekraïne betree

Die president van Belarus, Alexander Lukashenko, het Westerse regerings daarvan beskuldig dat hulle die oorlog in Oekraïne aanvuur. Die Verenigde Koninkryk, die Europese Unie en die Verenigde State erken nie Lukashenko as Belarus se wettige president nie. Hy het ‘n jaar gelede die Russiese inval in Oekraïne gefasiliteer en waarsku as die Weste voortgaan met die toename in geweld teen Rusland, sal sy land by die oorlog aansluit. Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, sê dit sal ‘n fout wees.