SA-staatsamptenare wil onderhandel oor salarisse
Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Staatsamptenare se lede het hom gemagtig om salariseise vir die komende finansiële jaar voor te lê. Dit is ondanks die gespanne verhoudings tussen vakbonde en die regering weens verlede jaar se eensydige instelling van ‘n salarisverhoging van 3 persent. Die vereniging vra ander vakbonde in die openbare sektor om sonder versuim salarisonderhandelinge vir 2023/24 aan te knoop om hulle lede nie finansieel te benadeel nie. Die woordvoerder, Reuben Maleka, sê die toekoms van die bestaande toelaag van 1 000 Suid-Afrikaanse rand is onseker: