Namibiese hokkiespanne het borge nodig vir toer
Hokkie: Die Namibiese mans- en vroue-onder-21-spanne se hoop om Namibië by die Junior Afrikabeker in Egipte te verteenwoordig, hang in die weegskaal aangesien hulle tans nie die nodige fondse vir vlugte en verblyf het nie. Die internasionale toernooi wat van 12 tot 19 Maart sal plaasvind, sal dien as ‘n kwalifiserings-byeenkoms vir die FIH Hokkie Junior Wêreldbeker in Maleisië. Die spanne het egter borgskap nodig, want as hulle in die top-twee van die kwalifiseringsbyeenkoms in Egipte eindig, sal hulle Namibië in Desember vanjaar in Maleisië verteenwoordig. Derick Bronkhorst, visepresident van die unie se mans-afdeling sê aan Kosmos 94.1 Nuus sowat 1 miljoen Namibiese dollar is nodig vir die toer.