Ramaphosa sê wat rol van minister van elektrisiteit is
President Cyril Ramaphosa het uitgebrei oor wat hy van sy minister van elektrisiteit verwag. Verskeie politieke partye het sy plan gekritiseer om so ‘n minister in die Presidensie aan te stel. Ramaphosa het in sy repliek op die staatsrede-debat die noodsaaklikheid beklemtoon van die dringende en doeltreffende instelling van die plan wat hy geskets het, veral met betrekking tot die kragkrisis.