Regter verwerp Trump se DNS-aanbod

‘n Federale regter het oudpresident Donald Trump van Amerika se aanbod om DNS te gee in die skrywer, E. Jean Carroll se verkragtingsaak teen hom, verwerp. Carroll beskuldig Trump in haar memoir wat in 2019 uitgegee is dat hy haar byna 30 jaar gelede verkrag het. Die voormalige president ontken die beskuldigings. Regter Lewis A Kaplan sê Trump en Carroll se prokureurs het meer as drie jaar tyd gehad om DNS ‘n kwessie in die saak te maak, maar albei het gekies om dit nie te doen nie. Die hofsaak sal na verwagting in April begin.