Polioinenting in Botswana na gevalle bevestig is

Botswana het ‘n inentingsveldtog teen polio van stapel gestuur. Dit volg nadat gevalle in die land bevestig is. Die gesondheidsministerie se permanente sekretaris dr. Christopher Nyanga sê kinders onder die ouderdom van sewe word geteiken vir die mondelinge inenting. Inenting sal ook van huis tot huis plaasvind, sowel as by skole. Twee rondes word beplan – 23 tot 26 Februarie en dan weer op 30 Maart tot 2 April.