Suid-Afrikaanse boer in Paraguay ontvoer, losprys gevra

‘n Suid-Afrikaanse boer, Daniel Christiaan Bruewer Coetzee, is Sondag in Paraguay ontvoer. Inligting is nog skraps maar, volgens wat berig word is die 70-jarige Coetzee deur ‘n groep ontvoer wat 300 000 Amerikaanse dollar vir sy vrylating eis. Coetzee, voormalig van die Vrystaat, boer in Colonia Independencia in Guaira in daardie land. Die media berig dat Coetzee se familie nie die fondse het om die losprys wat 5,4 miljoen Namibiese dollar beloop, te betaal nie. Coetzee is die skoonpa van Daan Human, die Springbokke se skrumafrigter en oud-Springbokstut.