Die afrol van handboeke – ‘n plan moet gemaak kan word
Reaksie word ontvang op die beroep deur Namibia Publishing House wat ouers waarsku oor die afrol van skoolhandboeke wat hy sê toeneem. Die uitgewer sê dit is onwettig omdat daar kopiereg op die materiaal is. Die maatskaplike aktivis Rosa Namises sê daar moet ‘n oplossing wees. In haar mening het die uitgewer ook ‘n maatskaplike verantwoordelikheid en die kinders sal nie die boeke gebruik om geld te maak nie.