Poskantoor-baas sê die toekoms is blink terwyl sy salarisse wil sny

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor sê hy het sy werknemers ‘n driedag-werksweek teen 60 persent van hul salaris aangebied as ‘n keuse om te oorweeg. Dit volg nadat die Poskantoor die moontlike aflegging van 6 000 personeellede aangekondig het. Die uitvoerende hoof, Nomkhita Mona, het die besluit verdedig en sê die Poskantoor se toekoms is blink en sal staatmaak op ‘n hibriede model: