Namibiese politieke ontleder gee sy mening oor parlementsopening
‘n Namibiese politieke ontleder het sy reaksie gegee oor die amptelike opening van die parlement vandag. President Hage Geingob het parlementslede gevra waarom sommige wetsontwerpe van verlede jaar se sittings na vanjaar s’n oorgedra word. Hy het ook ‘n beroep op hulle gedoen om hard te werk deur te probeer om die kworum van die huis te bereik. Sommiges meen dat die president se toespraak tydens die opening te kort en yl was, maar dr. Phanuel Kaapama, ‘n politieke ontleder sê aan Kosmos 94.1 Nuus waarom die President se toespraak kort en kragtig was.