Fishrot-regsmanne wil betaal word, soek hulle kliënte se bates
Die Fishrot-lot het vanoggend voor regter Kobus Miller vlugtig verskyn. Hulle prokureurs sê hulle sal ‘n aansoek bring vir betaling van regskostes van die gevriesde bates van die beskuldigdes. Verder het Bernhardt Esau en sy skoonseun Tamson Hatuikulipi aangedui hulle sal ‘n aansoek aan die hoofregter Peter Shivute rig om die besluit van hooggeregshof om nie regter Miller se besluit om homself nie aan die saak te onttrek nie, te hersien nie, self te oorweeg.