Fishrot-lot weer vlugtig in die hof vandag

Dit sal nie veel van ‘n Valentyn vir die Fishrot-lot wees nie. Hulle verskyn vanoggend vlugtig voor regter Kobus Miller. Dit kom na die uitkoms van ‘n aansoek afgewag word. Ricardo Gustavo vra die hooggeregshof om die besluit van regter Miller om homself nie te onttrek as regter in die saak nie, ter syde te stel. Die saak is reeds twee keer weens die rede uitgestel. Al die beskuldigdes bly in aanhouding, nadat Gustavo se borgtog ook herroep is.