Nasionale Vergadering se sittings hervat môre
Die Nasionale Vergadering skop môre met sy parlementêre sittings vir 2023 af. Toe die parlement laat in 2022 ‘n blaaskans geneem het, was daar nog wetsontwerpe wat gewysig moes word. Een so ‘n wetsontwerp is die wysiging van die Verkiesingswet wat nog moet gebeur. Hierdie jaar het ook begin met ‘n omstrede voorstel vir parlementslede om duur selfone te kry. Politieke partye in die parlement sal ook hul debatte voortsit met die algemene verkiesing van 2024 in gedagte. ‘n Navorser van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, Frederico Links, sê aan 94.1 Kosmos 94.1 Nuus daar word uitgesien na vanjaar se parlementsittings.