Meisie, 15, wat onder boom speel, gegryp en verkrag
‘n 15-jarige meisie wat naby Omwandi by Ongwediva onder ‘n boom gespeel het, is verkrag. In sy weeklikse misdaadverslag sê die Namibise polisie die dogter is deur ‘n 26-jarige verdagte gegryp, en in ‘n naburige erf ingesleep en daar verkrag. Die polisie sê nie of die verdagte, wie se ouderdom bekend is, gearresteer is of nie, net dat ‘n ondersoek gelas is. En in die hoofstad het ‘n inbraak die naweek gelei tot die verlies van 50 skootrekenaars, ‘n rekenaar en koffie, koeldrank en suiker ter waarde van 431 000 Namibiese dollar. Die Namibiese polisie sê daar is op die oomblik geen leidrade nie en die ondersoek duur voort.