GRN ondersteun nie plaaslike konstruksie-sektor nie
Die Konstruksie Industrie-federasie sê hy het groot kommer oor die regering se gebrek aan ondersteuning vir plaaslike maatskappye. Die bedryf sukkel op die oomblik, veral kleiner maatskappye, en hulle kry ook nie tenders nie omdat die regering se finansiële vermoë beperk is en as daar ‘n kontrak, is kry buitelandse maatskappye dit. Barbel Kirchner, die federasie se uitvoerende hoof, sê in 2022 was daar groot uitdagings oor die regering se onvermoë om die ekonomie te stimuleer deur geld in kapitaalprojekte te ploeg. In haar mening sal die stand van sake nie veel verander vanjaar nie. Sy sê die regering se ondersteuning van ondernemings in Namibiese besit is uiters belangrik vir die land se ekonomie. ‘n Beleggersvriendelike omgewing so ook ‘n lang pad gaan om uitdagings hok te slaan, en veral in die afwesigheid van die regering se besteebare fondse.