Entstof vir voëlgriep raak noodsaaklik
‘n Britse kenner maan daar moet begin word met werk aan ‘n entstof teen voëlgriep ingeval die virus tussen mense begin versprei. Die hoof van virologie aan die Animal and Plant Health Agency, Ian Brown, sê die virus, wat vinnig ontwikkel, versprei al hoe meer van voëls na soogdierspesies, wat die bedreiging vir mense verhoog. Daar word berig die Wêreld Gesondheidsorganisasie maan teen gerustheid, terwyl die hoof van die Instituut vir Diagnostiese Virologie aan die Friedrich Loeffler-instituut in Duitsland, Martin Beer, bevestig die virus verander vinniger as wat hulle dit kan karakteriseer.