Savea sê die All Blacks sal terugkom, in tyd vir Frankryk
Die losvoorspeler van die All Blacks, Ardie Savea, glo hulle sal weer wenrugby speel in die aanloop tot vanjaar se Wêreldbeker. Die 29-jarige was ʼn sleutellid van die span wat in 2022 gesukkel het met met bestendigheid, insluitend ʼn nederlaag teen die Springbokke in Mbombela. Hulle begin hulle veldtog in die Rugbykampioenskap in Julie met ʼn wegwedstryd teen Argentinië en speel dan twee wedstryde teen Australië om die Bledisloe-beker. Die Kiwi’s speel teen Suid-Afrika in Auckland en dan weer laat in Augustus in ʼn opwarmingswedstryd vir die Wêreldbeker in Londen.