Staatsrede: Cyril moet beloftes nakom
Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê President Cyril Ramaphosa gaan môre ‘n nasie toespreek wat ontmoedig is deur beurtkrag en bang is oor werkloosheidsvlakke, armoede en misdaad. Die president lewer môreaand sy staatsrede in die Parlement. Outa se woordvoerder, Rachel Fischer, sê noudat Ramaphosa sy rol as ANC-president vir nog vyf jaar verseker het, is dit hoog tyd dat die land sien vorige beloftes word nagekom eerder as om nog leë beloftes by die lys te voeg: