Vier vas vir ivoor op Okahandja, verskyn binnekort
Die vier mans wat Sondag en Maandag by Okahandja in hegtenis geneem is vir die beweerde besit van ‘n olifanttand, sal vandeesweek in die landdroshof op die dorp verskyn. Inspekteur Maureen Mbeha, woordvoerder van die Otjozondjupa-polisie sê drie mans, 23, 28 en 29 jaar oud, is Sondagoggend by ‘n restaurant op Okahandja in hegtenis geneem, waar hulle na bewering van plan was om die olifanttand aan ‘n plaaslike koper te verkoop. Die vierde verdagte, 23 jaar oud, is Maandag op die dorp in hegtenis geneem. Mbeha het gesê al vier verdagtes is aangekla van die besit van en handel in beheerde wildprodukte. Hulle voertuig is ook geskud. Die waarde van die ivoor is nog nie bekend nie en die ondersoek duur voort.