Cyril betreur sterftes in Turkye, Sirië
President Cyril Ramaphosa sê hy is hartseer oor die grootskaalse lewensverlies en die omvang van beserings na ‘n aardbewing in Turkye en Sirië. Meer as 4 300 mense is reeds dood nadat ‘n aardbewing van 7,8 die twee lande gister in die vroeë oggendure getref het. Die presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa het sy waardering uitgespreek vir die Suid-Afrikaanse humanitêre hulporganisasie, Gift of the Givers, wat by die internasionale reaksiespanne in Turkye en Sirië aansluit: