Neckartaldam se stelsels getoets, daarom die verlies van so baie water

Amper 2,2 miljoen kubieke meter water is in sewe dae by Neckartaldam onttrek. Op die oomblik word die reuse-dam, wat drie keer groter as Hardap is, nie vir enige besproeiing gebruik nie al is dit in die toekomstige planne. Die dam staan tans net bo 92 persent van kapasiteit. Neckartal het turbines wat krag opwek wanneer water uitgepomp word maar, daar is nog nie landerye hiervoor nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van NamWater, Abraham Nehemia gesels oor presies watter bedrywighede die afgelope week by die dam uitgevoer is. Hy sê daar is toetse aan die stelsels van die dam gedoen.