SAPD se DNS-agterstand frustreer, meer as 70 000 families wag nog
‘n Agterstand in DNS-toetse frustreer talle Suid-Afrikaners want dit vertraag die begrafnisse van geliefdes wat oorlede is. Ondanks die aankondiging van die minister van Polisie, Bheki Cele, van ‘n 30 persent verlaging in die DNS-ontledingsagterstand tot minder as 70 000, wag talle families steeds vir uitslae. ‘n Gesin van Mpumalanga wat in Desember vier lede in ‘n motorongeluk verloor het, kon hulle nog nie begrawe nie. ‘n Polisiewoordvoerder, Selvy Mohlala, sê hulle is bewus van die vertraging: