Hof beveel ANC om alle dokumente oor kaderontplooiing aan DA te gee

Die Johannesburgse hoërhof het bevind die ANC se weiering om notules, WhatsApp-gesprekke, e-posse, CV’s en alle ander rekords van sy kaderontplooiingskomitee openbaar te maak, was onwettig en ongeldig. Die regerende party is beveel om alle dokumente terugwerkend tot 1 Januarie 2013, binne vyf dae aan die DA te oorhandig. Leon Schreiber van die DA sê hulle gaan uiteindelik die komitee se rol in die korrupsie, kaping en ineenstorting van die openbare sektor ontbloot: