Transito-rooftogte in SA is SAPD se skuld
Die Vryheidsfront Plus sê die onlangse vlaag gewelddadige transitorooftogte in Mpumalanga word toegeskryf aan die polisie se gebrek aan menslike hulpbronne en voertuie. In die jongste voorval verlede week is ‘n veiligheidswag doodgeskiet en nog twee gewond net buite Hazyview. Verlede maand is twee veiligheidswagte ook tydens ‘n transitorooftog gewond. Werner Weber van die Vryheidsfront Plus sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank het ook sy kommer uitgespreek dat die rooftogte ‘n styging in die hanteringskoste van buitelandse valuta kan veroorsaak