Ekonoom gesels oor burgerlike onrus

Burgerlike onrus neem regoor die wêreld toe namate lewenskostes styg. Volgens die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt is daar drie vlakke van reaksie op ontevredenheid in die burgerlike samelewing. Die eerste vlak is om deur middel van drukgroepe standpunt in te neem en om howe te nader in sekere gevalle. Die tweede vlak word deesdae al hoe meer gesien, om die stelsel te ondermyn deur stakings en protesoptogte, wat volgens Roodt egter nie ‘n positiewe oplossing nie. Die derde vlak is nog minder positief, om die regering omver te gooi deur, byvoorbeeld, ‘n staatsgreep of burgeroorlog. Hy sê dit is opmerklik dat gewone mense nie langer stilbly nie en toetree tot die stryd om teen onbillikheid te protesteer. Roodt het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.