87 renosters in 2022 gestroop

Die Namibiese omgewingsministerie sê die Etosha Nasionale Park is die brandpunt vir renosterstropery. Die woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyunda, sê renosterstropery bly ‘n bron van kommer met altesaam 87 renosters wat in 2022 in Namibië gestroop. Altesaam 61 swartrenosters en 26 witrenosters is gestroop. Vyftien renosters is op bewaarder-plase gestroop en nóg 25 witrenosters op private plase, terwyl 46 renosters in Etosha gestroop is. Muyunda sê verbeterde veiligheidsmaatreëls is landwyd in plek gesit om wildmisdaad te beveg.