Ontploffing in Pakistan beseer minstens 90  

Minstens 90 mense is beseer in ‘n ontploffing in Peshawar in die noordweste van Pakistan. Die polisie sê die ontploffing het by ‘n moskee plaasgevind waar talle mense vir oggendgebede byeen was. ‘n Gedeelte van die gebou het ineen getuimel en verskeie mense is vermoedelik in die puin vasgekeer. Van die beseerdes is in ‘n kritieke toestand.