Mswati sal nie SAOG-troika op sekuriteit in Windhoek bywoon nie

Koning Mswati III van Eswatini sal die buitengewone beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap wat blykbaar môre in die hoofstad plaasvind, misloop. Die byeenkoms sal na verwagting die politieke en veiligheidsituasie in die streek bespreek. In sy plek sal die koninkryk se premier, Cleopas Sipho Dlamini, dit bywoon en hy sal ‘n verslag oor sy land se veiligheidsituasie lewer. Onder die voorsitterskap van President Hage Geingob, sal dit die eerste vergadering van staats- en regeringshoofde vanjaar wees. Geingob staan aan die hoof van die SAOG se orgaan oor politiek, verdediging en veiligheidssamewerking.