Niks verdag oor GRN-nommerplaat bo-op GP-nommerplaat nie

Luisteraars het ‘n voertuig in die hoofstad gewaar met ‘n regeringsnommerplaat wat bo-oor ‘n Gauteng-nommerplaat geplak is. Dit het uiters verdag voorgekom en Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die ministerie van werke en vervoer om uit vind wat aangaan. Die woordvoerder Julius Ngweda het ondersoek ingestel en sê dit is huurmotors wat deur die regering benut word vir spesifieke projekte. Hy verduidelik.